Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die drie verdagtes in die Amy’Leigh de Jager ontvoeringsaak Tharina Human (27), Pieter Jacobus van Zyl (50) en Laetitia Nel (40) is steeds in aanhouding en sal eers op 1 Oktober weet of borgtog toegestaan gaan word. Hulle word aangekla van ontvoering en afpersing. Amy’ Leigh is Maandagoggend 2 September voor …
Pieter van Zyl (50) een van die beskuldigdes in die ontvoerings en afpersing saak van Amy'Leigh de Jager sit met sy hande in sy hande in die beskuldigingsbank.
VANDERBIJLPARK. – Die drie verdagtes in die Amy’Leigh de Jager ontvoeringsaak Tharina Human (27), Pieter Jacobus van Zyl (50) en Laetitia Nel (40) is steeds in aanhouding en sal eers op 1 Oktober weet of borgtog toegestaan gaan word.
Hulle word aangekla van ontvoering en afpersing. Amy’ Leigh is Maandagoggend 2 September voor die Laerskool Kollegepark ontvoer. Die ontvoerders het ‘n losprys van R2 miljoen geëis, maar Amy’ Leigh is 18 uur later ongedeerd met haar ouers herenig.
Human wat ‘n graad RR-onderwyser by die Laerskool was ten tyde van die ontvoering, word beweer om die meesterbrein agter die ontvoering te wees. Tydends Vrydag 20 September se hofsitting in die Vanderbijlpark-landdroshof het ‘n emosionale en verwese Nel se skouers ruk terwyl sy sag gesnik het. Van Zyl het deurentyd kop onderstebo gesit terwyl Human voor haar uitgestaar het.
Tharina Human (27) die vermeende meesterbrein agter die ontvoering van die 6-jarige Amy’Leigh de Jager verskyn in die Vanderbijlpark-Landdroshof op aanklagte van ontvoering en afpersing. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Pieter van Zyl (50) een van die beskuldigdes in die ontvoerings en afpersing saak van Amy’Leigh de Jager stap kop onderstebo in die hof in.
Laetitia Nel (40) een van die vermeende ontvoerders van Amy’Leigh de Jager sit met rooi gehuilde oë in die beskuldigingsbank.
Pieter van Zyl (50) een van die beskuldigdes in die ontvoerings en afpersing saak van Amy’Leigh de Jager sit met sy hande in sy hande in die beskuldigingsbank.
David Mey, Tharina Human se prokureur gesels met Vaalweekblad se misdaadjoernalis en digitale redakteur, Jannie du Plessis, kort voordat verrigtinge begin het.
Laetitia Nel (40) een van die vermeende ontvoerders van Amy’Leigh de Jager vee trane af terwyl sy in die beskuldigingsbank staan.
David Mey en Stoffel Venter onderskeidelik die prokureurs vir Tharina Human en Laetitia Nel staan en gesels met Riaan Botha, Tharina Human se pa voor verrigtinge begin het.
Laetitia Nel (40) een van die beskuldigdes kom die hof binne.
Riaan Botha die pa van Tharina Human die vermeende meesterbrein agter die ontvoering van die sesjarige Amy’Leigh de Jager het hofverrigtinge bygewoon.
Laetitia Nel (40) een van die beskuldigdes sit kop ondersbo.
Die hof was volgepak tydens die borgaansoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!