Noue ontkoming vir inwoners toe voertuig deur muur bars
Noue ontkoming vir inwoners toe voertuig deur muur bars
VANDERBIJLPARK. – Vir inwoners van ‘n huis in Goodyear straat was dit ‘n noue ontkoming toe ‘n Toyota Fortuner teen die muur van hul slaapkamer gebots het.
Die ongeluk het net voor 21:00 vroeër vanaand, Woensdag 25 September, plaasgevind. Die bestuurder het vermoedelik beheer verloor om die skerp draai en deur die betonheining tot teen die slaapkamer muur gery. Die inwoners wat reeds in die bed was, was geskok maar ongedeerd. Die bestuurder van die Fortuner het sy skouer beseer en is deur ER24 na die Emfuleni Medi Clinic geneem vir behandeling.













