Local newsNewsNewsBreaking News

Beskuldigdes hoor later oor borgtog

VANDERBIJLPARK. – Drie van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Amy’Leigh-ontvoeringsaak sal tot Vrydag 11 Oktober moet wag om te hoor of hul aansoeke om borgtog toegestaan sal word, aldan nie. Die regsverteenwoordigers vir Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) het Dinsdag 1 Oktober in die Vanderbijlpark Streekhof redes aangevoer oor …

VANDERBIJLPARK. – Drie van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Amy’Leigh-ontvoeringsaak sal tot Vrydag 11 Oktober moet wag om te hoor of hul aansoeke om borgtog toegestaan sal word, aldan nie.

Die regsverteenwoordigers vir Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Pieter van Zyl (50) het Dinsdag 1 Oktober in die Vanderbijlpark Streekhof redes aangevoer oor waarom die beskuldigdes op borgtog vrygelaat behoort te word.

Die staat het al drie se borgaansoeke teengestaan met die staatsaanklaer, Luanda Ngcobo, wat aangevoer het dat dit in die belang van die publiek, sowel as vir die beskuldigdes se eie beswil is dat hulle in aanhouding bly vir die duur van die saak.

Landdros Hussein Khota het Dinsdag voordat hy die saak uitgestel het gesê dat die hof nou die belang van geregtigheid teen die persoonlike vryheid van die verdagtes sal moet opweeg.

Hofverrigting het tot op hede reeds 2 en ’n half dae in beslag geneem en al die feite, argumente en teenargumente sal opgeweeg word alvorens uitspraak gelewer kan word.

Tharina Human (27) gluur haar medebeskuldigde Laetitia Nel (40) in die beskuldigdebank aan.

Tharina Human (27) en Laetitia Nel (40) al snikkend in die beskuldigdebank.

Pieter van Zyl (50) vat ‘n sluk water terwyl hy in die beskuldigdebank sit. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button