Local newsNationalSportSport

V’niging vereer sy rugby-ysters

VEREENIGING. – Min sterflinge kan daarop roem dat hulle aan drie wêreldbekertoernooie deelgeneem het en twee keer die Williams Webb Ellis-trofee – die Heilige Graal van rugby – omhoog gehou het. Die 47-jarige Os du Randt kan wel. So wanneer dié Springbok-legende oor die spel met die ovaalbal praat, spits almal hulle ore. Dit was …

VEREENIGING. – Min sterflinge kan daarop roem dat hulle aan drie wêreldbekertoernooie deelgeneem het en twee keer die Williams Webb Ellis-trofee – die Heilige Graal van rugby – omhoog gehou het. Die 47-jarige Os du Randt kan wel. So wanneer dié Springbok-legende oor die spel met die ovaalbal praat, spits almal hulle ore. Dit was Vrydagaand in die Vereeniging Stadsaal weer die geval tydens die Vereeniging Rugbyklub se jaarlikse prysuitdeling en wêreldbeker afskopfunksie. Die kaalkop legende het aan die vooraand van die afskop van die Springbokke se wêreldbekerveldtog teen NieuSeeland in Japan, sy vertroue uitgespreek dat die draers van die Groen- en Goud die toernooi kan wen. Maar die groot rede vir die aand se verrigtinge was om terug te kyk op ‘n uitsonderlike rugbyjaar. Vereeniging se eerstespan het vanjaar ‘n besonderse jaar beleef toe hy as die Volcano- en Valke-kampioen gekroon is. Hendrik Smith is as die Algehele Klubspeler van Jaar gekroon. Bongani Manguele, Jaco de Bruin en BB Hefer is  onderskeidelik as die o.21, tweede span, eerstespan Speler van die Jaar aangewys.     Die ander toekennings wat tydens die spog geleentheid uitgedeel is, is: Voorsitters-toekenning: Stefan Jacobs. Span van die Jaar: Eerstespan. Klubman van die Jaar: Pieter Bosman. Afrigters van die Jaar: Stefan Jacobs, Schalk Snyman en Fanie van Wyk. Opkomende Speler van die Jaar: Michael May. o.21: Voorspeler van die Jaar: Stephan Botha. Agterspeler: Samson Nyofane. Tweede span Voorspeler en Agterspeler van die Jaar: Rudi Kleu en Francois Putter. Eerste span Voor- en Agterspeler van die Jaar: Lian Ambrotius en Wiaan Koekemoer.

Die Springbok-rugbylegende Os du Randt wat eersdaags die 145ste speler word om in Wêreld Rugby se Hall of Fame vereer te word, was Vrydagaand die gasspreker by Vereeniging Rugbyklub se prysuitdelingsfunksie wat in die Vereeniging Stadsaal gehou is.
Hoe weet jy iemand is getroud met rugby? Wanneer jy ‘n rare agtnaat leerrugbybal se reuk inneem terwyl jou verloofde in verwondering toekyk. Dit is presies wat Wessel Mostert Vrydagaand in Vereeniging gedoen het nadat hy dié rugbybal, wat uit die laat 1950’s dateer, op die veiling vir R10 000 gekoop het.
Os du Randt poseer vir ‘n foto saam met Ilze en Dries van Heerden.

 

 

Related Articles

 
Back to top button