NewsNews

Skokstoksaak: Twee jaar later en nog nie gevonnis

VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigdes wat in hegtenis geneem is nadat ‘n 3-jarige seuntjie tussen Maart en Julie 2013 so erg met ‘n skokstok aangerand is dat hy van die pyn geskreeu het, se saak is weer eens vir vonnis uitgestel na 10 November aangesien daar nog steeds vir verslae van korrektiewe dienste gewag word. Die …

VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigdes wat in hegtenis geneem is nadat ‘n 3-jarige seuntjie tussen Maart en Julie 2013 so erg met ‘n skokstok aangerand is dat hy van die pyn geskreeu het, se saak is weer eens vir vonnis uitgestel na 10 November aangesien daar nog steeds vir verslae van korrektiewe dienste gewag word.
Die beskuldigdes, die seuntjie se ma en haar vriend, se name word op aanbeveling van die persombudsman weerhou om die seuntjie se identiteit te beskerm.
‘n Video wat ten tyde van die skok-aanranding deur die ma se broer geneem is en waartydens die seuntjie deur die vriend met ‘n skokstok geskok is terwyl die oom en ma teenwoordig was, is na die voorval aan ‘n familielid, die welsyn en later aan die polisie oorhandig.
Die seuntjie se oom is egter nie vervolg nie, maar die moeder is wetlik aanspreeklik aangesien sy as ouer nie die voorvalle dadelik aangemeld het nie en self teenwoordig was ten tyde van die voorvalle. Ander aanklagte soos poging tot moord is tydens die hofsaak op 13 Augustus deur die staat teruggetrek.
Die kind is onder andere met die plathand en vuis geslaan, geskop en met ‘n skokstok geskok. Die seuntjie is na die beskuldigdes se inhegtenisname op 26 Augustus 2013 in pleegsorg geplaas en is tans steeds in pleegsorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button