Sasolburger bekoor gehore
SASOLBURG. – Carli Olivier is ‘n boorling van die dorp en dans reeds sedert sy vier jaar oud is. Dit is haar passie en hoewel elke kunsvorm van dans aan haar bekend is, is dit Spaanse danse wat haar hart se ritme verstaan. Carli is ‘n welbekende Instructor De Baile en Profesor De Baile. Sy is onlangs as eksaminator van die Spanish Dance Society gekies. Luisa Cortes was onder meer …
SASOLBURG. – Carli Olivier is ‘n boorling van die dorp en dans reeds sedert sy vier jaar oud is. Dit is haar passie en hoewel elke kunsvorm van dans aan haar bekend is, is dit Spaanse danse wat haar hart se ritme verstaan. Carli is ‘n welbekende Instructor De Baile en Profesor De Baile. Sy is onlangs as eksaminator van die Spanish Dance Society gekies. Luisa Cortes was onder meer een van die stigterslede van die Spanish Dance Society. Altesaam 23 lande wêreldwyd gebruik dié internasionale sillabus wat sy geskryf het. Cortes is deur die Koning van Spanje as Dame Cortez georden, ‘n eer
wat nog net een Suid-Afrikaanse Spaanse danseres te beurt geval het.
Sy het Carli deur die jare geïnspireer en motiveer. Carli se eerste klas met net een leerling het sedertdien tot meer as 100 studente gegroei. “Begin net,” is Carli se raad. Haar toegewydheid het vrugte gewerp en haar produksies verkoop steeds uit by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
James Grace, ‘n internasionale kitaarspeler, tree gereeld saam met haar op. Carli, James en Herman van Niekerk vorm beslis ’n wenspan. Hul werksetiek, siel vir kuns, musiek en choreografie vul mekaar aan. Carli is nie net passievol oor dans nie, maar oor elke danser en die volle verwerking van elke produksie. Sy toer gereeld landwyd met die Receurdos Produksie en tree onder meer by Monte Casino in die Pieter Toerien Teater, Oude Libertas in Stellenbosh en Theatre of the Bay in Kampsbaai op. Teater hou Carli opgewonde. Hier bring sy dit wat agter die gordyn gebeur, na die teaterganger. Saam met ‘n volle simfonieorkes onder leiding van Richard Cock, is Carli se droom bewaarheid … om haar kastanjette as mede-instrument saam met die simfonieorkes te speel. Hierdie eer is vir min beskore. Carli woon gereeld werksessies by, bly honger na kennis en maak gereeld ‘n draai in Spanje om internasionale produksies by te woon. “Kennis is mag,” sê Carli. Kontak haar by 082 325 2815 of stuur ‘n e-pos aan info@carllidance. co.za.




