EntertainmentPhoto GalleriesSportSportSport

Fotogalery: Bokkieweek 2019

Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Indien jy einde September aksie op ‘n rugbyveld, netbalbaan, gholfbaan of krieketveld in die Vaaldriehoek gesien het, bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat dit deel van die jaarlikse Somer Bokkieweek was. Kranige spelers van regoor die land sak jaarliks op die Vaaldriehoek toe om hulle vernuf ten toon te stel. …

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Indien jy einde September aksie op ‘n rugbyveld, netbalbaan, gholfbaan of krieketveld in die Vaaldriehoek gesien het, bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat dit deel van die jaarlikse Somer Bokkieweek was.
Kranige spelers van regoor die land sak jaarliks op die Vaaldriehoek toe om hulle vernuf ten toon te stel.
Vereeniging Gimnasium se sportvelde is jaarliks die spil waarom alles draai. Terwyl Gimmies gasheer vir die sewesrugbywedstryde en Fast 5-netbalwedstryde gespeel het, is die Dick Fourie-stadion, Old Vaaltonians, Overvaal en Meyerton Krieketklub se velde gebruik om al die krieketkragmetings te akkommodeer.
Die laaste gholfkragmetings is Saterdag op die Heron Banks Gholfbaan in Vaalpark beslis.
Volgens die organiseerders van die week is hulle in hul skik met die gehalte van spel wat tydens die week opgelewer is.

Related Articles

 
Back to top button