Honde vermoedelik doodgekap
Waarskuwing: Ontstellende materiaal. Nie vir sensitiewe kykers nie.

Debbie Wilson van Walkerville laat weet dat dooie honde die afgelope tyd in die Elandsfontein-area by Walkerville aangetref is. Sy sê dit lyk asof hulle doodgekap is en een van hulle se keel is afgesny. Dit lyk asof die diere in ‘n goeie toestand was en vermoedelik nie weggooi-honde was nie. Mense wat hul honde vermis en vermoed dat dit dalk hulle s’n kon wees, is welkom om met Debbie Wilson kontak te maak op Facebook.
Waarskuwing: Die foto’s hier onder is baie ontstellend. Sensitiewe kykers word aangeraai om nie daarna te kyk nie.






