CommunityLifestyleLocal newsNewsBreaking News

Strenger wette oor uitlatings op sosiale media!

President Cyril Ramaphosa het ‘n aantal belangrike nuwe wette onderteken, waaronder die omstrede wetsontwerp op sensuur van die internet.   Dit is egter nie duidelik of die wet reeds in werking getree het nie, maar mense moet waar versigtig wees voor hulle voortaan op sosiale media uitlatings maak wat hulle in die die sop kan …

President Cyril Ramaphosa het ‘n aantal belangrike nuwe wette onderteken, waaronder die omstrede wetsontwerp op sensuur van die internet.

 

Dit is egter nie duidelik of die wet reeds in werking getree het nie, maar mense moet waar versigtig wees voor hulle voortaan op sosiale media uitlatings maak wat hulle in die die sop kan laat beland nie.

Die meeste van die nuwe wette is verwelkom. Die strenger reëls van die sogenaamde ‘sensuurwetsontwerp op internet’ wat kinders en sensitiewe mense teen ontstellende en skadelike inhoud beskerm, asook om die aanlyn verspreiding van onder meer films en speletjies bekamp, sluit ook ‘n paar ander veranderinge in.

Mense wat bewustelik privaat seksuele foto’s en films versprei sonder vooraf toestemming en met die opset om die individu skade te berokken is skuldig aan ‘n misdryf en kan by skuldigbevinding strafbaar wees. Dit sluit in ‘n moontlike boete van hoogstens R150 000 of gevangenisstraf van tot twee jaar en/of ‘n boete sowel as gevangenisstraf van hoogstens twee jaar. Waar die individu op genoemde foto’s en films geïdentifiseer of geïdentifiseer kan word, styg hierdie straf tot ‘n boete van R300 000 en/of gevangenisstraf van hoogstens vier jaar.

Haatspraak is ‘n oortreding! Die wetsontwerp lui dat enige persoon wat bewustelik in enige medium versprei, insluitend die internet en sosiale media, enige film, spel of publikasie wat neerkom op propaganda vir oorlog, dreigende geweld aanhits of haatspraak voorstaan, skuldig is aan ‘n oortreding. Dit sluit in ‘n moontlike boete van hoogstens R150 000 en/of gevangenisstraf vir ‘n tydperk van tot twee jaar.

Selfs as ‘n verskaffer van internettoegang kennis dra dat sy dienste gebruik word vir die aanbied of verspreiding van kinderpornografie, propaganda vir oorlog, aanhitsing van dreigende geweld of om haat te bepleit op grond van ‘n identifiseerbare groepskenmerk, moet dit onmiddellik die inhoud verwyder, of onderworpe wees aan ‘n boete.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button