Local newsNews

Crescita bied geskiedkundige spelkompetisie aan

VANDERBIJLPARK. – Die Crescita Dameskringtak se finale ronde spelkompetisie vir Graad 7-leerlinge is op 12 September met tasbare opgewondenheid deur die 11 finaliste begroet. Die finaliste, wat die Laerskool Midvaal, Laerskool Voorwaarts, Laerskool Republiek en Laerskool Emfulenipark verteenwoordig het, se spelvaardigheid is in die mediasentrum van die Hoërskool Transvalia getoets. “Hierdie was ‘n geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste spelkompetisie is wat deur die …

VANDERBIJLPARK. – Die Crescita Dameskringtak se finale ronde spelkompetisie vir Graad 7-leerlinge is op 12 September met tasbare opgewondenheid deur die 11 finaliste begroet. Die finaliste, wat die Laerskool Midvaal, Laerskool Voorwaarts, Laerskool Republiek en
Laerskool Emfulenipark verteenwoordig het, se spelvaardigheid is in die mediasentrum van die Hoërskool Transvalia getoets.
“Hierdie was ‘n geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste spelkompetisie is wat deur die Crescita Dameskringtak van die Vaaldriehoek
gereël is,” sê mev. Marietta van Wyk, ‘n lid van die tak.
Mev. Susan Lucouw, takvoorsitter, het tydens die aanvang van die finale ronde die belangrikheid van geleenthede soos hierdie beklemtoon en gesê
dat daar vanjaar ‘n hoë standaard gestel is, wat gehandhaaf sal word in jare wat voorlê. Nadat die reëls deur mev. Sonia Visser,  kompetisiekoördineerder, verduidelik is, het die horlosie begin tik.
Die kompetisie het met maklike woorde begin maar met elke volgende ronde het dit moeiliker geword. Een na die ander het die deelnemers
uitgeval tot daar net die drie wenners oorgebly het: Janke Crafford van Laerskool Midvaal, Cyanda Bekker van Republiek en Simone Jordaan
van Voorwaarts. Kontant, Pharos-woordeboeke en Lego-boublokkies is as pryse oorhandig. Elke deelnemer het ook ‘n sertifikaat van Sanlam
ontvang, wat ook die kompetisie ondersteun. Die leerlinge was dit almal eens dat hul baie nuwe woorde aangeleer het en die spelkompetisie
by hul skole sal adverteer. Die Dameskring onderskryf Christelike waardes, die gebruik van hul moedertaal en fokus onder meer ook op die
bewaring van historiese bakens soos die Klipkerk in Vereeniging. Belangstellendes wat by die dinamiese span wil aansluit, is baie welkom om mev. Susan Lucouw by 082 898 1054 of mev. Sonia Visser by 079739 6053 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button