Ray Dylan het lekker ‘Country Vibes’
Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Hy slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, “Country Vibes”, is ‘n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers. “Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Sancta Maria, Beautiful War en Stuck on You” …

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Hy slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, “Country Vibes”, is ‘n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers.
“Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Sancta Maria, Beautiful War en Stuck on You” om slegs ‘n paar te noem – nie almal noodwendig eg “country” nie, maar met ‘n baie duidelike “country”-aanslag – soos net Ray Dylan kán!
Hy is een van die veelsydigste sangers in die bedryf! Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ‘n geweldige wye repertoire.
In sy beginjare het hy by baie verskillende venues opgetree. Hierdie harde werk het in goue en selfs dubbelplatinumstatus-treffers en -albums gekulmineer. Deesdae is hy bekend as een van die min kunstenaars wat verskeie genres bemeester het, insluitend “country”-liedjies. Liedjies wat
geensins enige bekendstelling verg nie, is treffers soos “Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ‘n Boerehart, Angel-face, You’re
my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin, Hier teen jou lyf” ensovoorts.
As dit wat deur jou are vloei nog altyd “country”-musiekbloed was, is Ray se nuwe album ‘n absolute moet-hê! “Country Vibes” is tans in alle musiekwinkels beskikbaar en kan ook vanaf Oktober op alle digitale platforms bekom word. Hierdie album beloof om net soveel genot soos enige van sy ander werke te verskaf.
“Country Vibes” se amptelike bekendstelling is op 23 Oktober by die Parys Golf & Country Estate. Kontak dié Estate by (056) 818 1567 vir meer inligting.



