Geliefdes stap vie die wat die stryd verloor het en die wat steeds veg
VANDERBIJLPARK. – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se jaarlikse Relay for Life-staptog om fondse in te samel en bewustheid te skep oor die stryd teen kanker, is vanaf Saterdagaand 28 September tot Sondagoggend 29 September by die sportgronde van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus gehou. Die deurnag-staptog, waartydens spanlede beurte neem om reg deur die nag om die baan te loop, het vanjaar ongeveer 2 000 mense gelok. …
VANDERBIJLPARK. – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se jaarlikse Relay for Life-staptog om fondse in te samel en bewustheid te skep oor die stryd teen kanker, is vanaf Saterdagaand 28 September tot Sondagoggend 29 September by die sportgronde van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus gehou. Die deurnag-staptog, waartydens spanlede beurte neem om reg deur die nag om die baan te loop, het vanjaar ongeveer 2 000 mense gelok.
Ongeveer 100 kankeroorwinnaars was tydens die geleentheid teenwoordig en is met etes bederf. Die Relay for Life is ook goed deur plaaslike inwoners en besighede ondersteun en daar het ’n goeie gees geheers. Die staptog begin jaarliks met die openingsrondte waartydens die kankeroorwinnaars die eerste keer om die baan loop. Die Luminariasermonie, waartydens die stadion se ligte afgeskakel word en daar hulde gebring word aan die wat die stryd teen kanker verloor het, is jaarliks ‘n emosionele ervaring.









