Local newsNewsNews

Donker wolk hang oor Sonstraaltjie-kleuterskool

VANDERBIJLPARK. – Daar hang tans ‘n donker wolk oor die Sonstraaltjie-kleuterskool in die dorp na Lenie Blignaut, die stigter van die skool, Vrydagoggend oorlede is. Sy het Sonstraaltjie-kleuterskool op 1 September 1995 gestig en was bekend vir haar passie vir kinders. Volgens familie en vriende was sy ‘n merkwaardige vrou wat diep spore in die gemeenskap getrap het. Sy was …

VANDERBIJLPARK. – Daar hang tans ‘n donker wolk oor die Sonstraaltjie-kleuterskool in die dorp na Lenie Blignaut, die stigter van die skool, Vrydagoggend oorlede is.
Sy het Sonstraaltjie-kleuterskool op 1 September 1995 gestig en was bekend vir haar passie vir kinders. Volgens familie en vriende was sy ‘n merkwaardige vrou wat diep spore in die gemeenskap getrap het. Sy was ‘n vrou en ma duisend vir haar man Pieter en haar kinders, Isabel Lubbe en Johann Blignaut. “By haar was geen grys areas nie, dit was of reg of verkeerd. Sy het ‘n nou pad saam met die Here geloop en was baie sterk in haar geloof tot die bitter einde. Sy sal vreeslik gemis word,” sê ‘n familielid. Lenie se begrafnisdiens vind Saterdag, 19 Oktober om 10:00 vanuit Kompasgemeente plaas. Lenie is reeds in 1991 met tipe 1 diabetes gediagnoseer en het vir 34 jaar insulien gespuit. In 2009 is sy met nierversaking
in albei niere gediagnoseer en moes sy twee tot drie keer per week dialise kry, wat die laaste jaar of so verander het na drie tot vier keer per week. In 2013 het sy ‘n hartaanval en beroerte gehad.
Daarna het sy nog vier beroertes oorleef. In 2016 was sy vir 12 weke in die Intensiewe Sorgeenheid in Mediclinic Vereeniging weens septisemie in die permanente omleidingsaar en daarna vir twee weke in rehabilitasie om weer te leer opstaan en loop.
In 2017 het die dokters ‘n permanente omleidingsaar in haar linkerarm ingesit, maar dit het gereeld verstop en daarvoor moes sy elke keer teater toe gaan. Dit het veroorsaak dat haar arm drie keer groter geswel het en was dit baie pynlik. Op 6 Februarie vanjaar is ‘n stent in die omleidingsaar
se buig geplaas om blokkasie te probeer stuit. Dit het vir sowat vyf maande gehelp. Dit het onlangs infeksie veroorsaak wat al haar organe aangetas het. Verlede Donderdag (10 Oktober) moes daar noodgedwonge ‘n nuwe lyn in haar bors geplaas word vir dialise, waarna haar toestand verswak en sy Vrydagoggend oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button