‘Elkeen is op soek na daardie spesiale persoon’ – Chereé
Chereé het onlangs haar langverwagte album, Wilde Waters, vrygestel, opgevolg deur dié gewilde Country-ster se pragtige musiekvideo van die titelsnit. Nadat die album die rakke getref het, het dit spoedig die Nr.1-posisie op iTunes behaal. Die album bestaan uit 13 snitte wat deur Chereé self, asook ander gesoute liedjieskrywers soos Rudi Claase, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik, Michael Lindt, Tony Ridgway en Roux Cloete, geskep is. Die titelsnit is saam met die album as …
Chereé het onlangs haar langverwagte album, Wilde Waters, vrygestel, opgevolg deur dié gewilde Country-ster se pragtige musiekvideo van die titelsnit. Nadat die album die rakke getref het, het dit spoedig die Nr.1-posisie op iTunes behaal. Die album bestaan uit 13 snitte wat deur Chereé
self, asook ander gesoute liedjieskrywers soos Rudi Claase, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik, Michael Lindt, Tony Ridgway en Roux Cloete, geskep is.
Die titelsnit is saam met die album as enkelsnit vrygestel. Wilde Waters is ’n pragtige kommersiële popliedjie uit die pen van die bekende iedjieskrywer Rudi Claase, met ’n melodie wat strelend is op die oor.
Dit gaan oor mense se daaglikse worsteling om geluk binne ’n verhouding te vind, want partykeer wil iets net nie werk nie, al baklei jy hoe hard
daarvoor.
“Hierdie liedjie is definitief nie ’n weerspieëling van my en manlief Wynand se verhouding nie. Ek besef egter dat nie almal so gelukkig is nie en dat
hierdie amper perfekte verhouding nie vir almal beskore is nie. Elkeen van ons is tog maar op soek na daardie spesiale persoon wat ons op alle vlakke kan aanvul,” vertel Chereé.
Die musiekvideo is deur Christian Wolf verfilm en vervaardig in en om Pretoria. In die video sien die kyker wat in twee mense se gedagtes aangaan,
terwyl hulle met hulle eie emosies worstel. Die vrou reis deur haar gedagtes na ’n ou gunstelingplek van haar en haar geliefde met die hoop dat alles
weer sal regkom.
Hulle werk deur ’n klomp probleme en dit lyk nie asof hulle tot ’n vergelyk sal kan kom nie en miskien uitmekaar gegroei het. “Die storie beeld die reis uit van twee mense se lewe saam en hoe hulle vir mekaar verlore geraak het. Jy sien hoe hulle sukkel om weer bymekaar uit te kom en wonder of
dit genoeg sal wees om aan te hou probeer,” sê Chereé.
“Die boodskap is dat al is jy hoe lief vir iemand en al probeer jy dit ’n duisend keer maak werk, is daar net sommige mense wat nie bedoel is vir mekaar nie.”




