Local newsNewsNews

Beertjies met geboortesertifikate

VANDERBIJLPARK. – Herfsoord Aftreeoord hou weer op 2 November hul basaar van die jaar en dit is hier jou kans om ‘n beertjie met ‘n geboortesertifikaat te kan bekom. Behalwe vir die heerlike tuisgebak waarna uitgesien kan word, gaan daar ook heelwat lootjies met lekker pryse te koop wees, waaronder ‘n wegbreeknaweek, ‘n drank-geskenkpak, komberse en ‘n halwe skaap. Moet egter nie van tannie …

VANDERBIJLPARK. – Herfsoord Aftreeoord hou weer op 2 November hul basaar van die jaar en dit is hier jou kans om ‘n beertjie met ‘n geboortesertifikaat te kan bekom.
Behalwe vir die heerlike tuisgebak waarna uitgesien kan word, gaan daar ook heelwat lootjies met lekker pryse te koop wees, waaronder ‘n wegbreeknaweek, ‘n drank-geskenkpak, komberse en ‘n halwe skaap. Moet egter nie van tannie Adrie van Driel se beoogde rekord van 86 gebreide “Liefie Diefie Beertjies” vergeet nie. Volgens “betroubare” inligting is meer as 40 beertjies reeds gebrei. Die getal 86 wat sy najaag en ten bate van bejaardesorg brei, simboliseer elk van haar geseënde lewensjare. Die oulike beertjies sal teen R50 elk by die Herfsoord Aftreeoord se kantoor of tydens die basaar te koop wees. Elke beertjie kry boonop sy eie geboortesertifikaat!
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na dié heerlike basaar wat reeds om 08:00 begin. Dagboek dit sommer nou reeds en maak ‘n kind of kleinkind se hart dié Kersfees bly met sy eie Liefie Diefie Beertjie en ondersteun terselfdertyd die bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button