Vyf honde by drie huise vergiftig
Inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat vyf honde gisteraand by drie huise in Deneysville vergiftig is. Om honde te vergiftig is ongelooflik wreed en baie hartseer en traumaties vir die eienaars. Wat dit egter nog erger maak is die feit dat dit met ‘n rede gedoen is. Dit is die voorloper …

Inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat vyf honde gisteraand by drie huise in Deneysville vergiftig is.
Om honde te vergiftig is ongelooflik wreed en baie hartseer en traumaties vir die eienaars. Wat dit egter nog erger maak is die feit dat dit met ‘n rede gedoen is. Dit is die voorloper van nog kwaad wat kan volg en inwoners word daaroor gewaarsku om ekstra voorsorg te tref.
Mense word aangeveel om hul honde eerder binne die huis te laat slaap vir hulle eie en hulle honde se veiligheid. Honde-eienaars kan selfs net ‘n deel van die kombuis, of ‘n ander vertrek vir die honde inrig wat afgeskort is van die res van die huis.
Indien jy glad nie jou hond in die huis wil laat slaap nie, sal dit goed wees om wel te weet hoe om vergiftiging van honde te hanteer.
Hier is ‘n paar wenke wat gevolg kan word indien jou hond gif ingekry het.



