‘Biker’ kritiek na botsing teen minibus-taxi
Hy is in kritieke toestand met ernstige beserings aan sy kop, nek en bors.

‘n Man van sowat 36 jaar is vanoggend kritiek beseer in ‘n botsing tussen sy motorfiets en ‘n minibus-taxi. Die botsing het in Westinghouse Boulevard, Vanderbijlpark plaasgevind.
Paramedici van ER24 en ander nooddienste het omstreeks 07:00 op die toneel aangekom en die taxi sowel as die motorfiets in die middel van die pad aangetref. Die bestuurder het langs sy motorfiets gelê.
Volgens Russel Meiring van ER24 se kommunikasiekantoor, het die motorfietsryer ernstige beserings aan sy kop, nek en bors opgedoen en is in ‘n kritieke toestand na Mediclinic Emfuleni vervoer. Niemand in die taxi is beseer nie.
Vaalweekblad sal lesers op hoogte hou van die beseerde se toestand, sodra ons meer inligting kry.



