Entertainment

Jan Taks se gat…

VEREENIGING. – Besoekers aan die SA Inkomstediens se kantore in Joubertstraat kan dalk met reg voel dat hulle in ‘n valstrik gaan inloop – letterlik! Inwoners praat die afgelope weke van dié gevaar as Vereeniging se gat, of meer spesifiek, Jan Taks se gat. Dié valstrik het egter niks te doen met die belastingkantoor se …

VEREENIGING. – Besoekers aan die SA Inkomstediens se kantore in Joubertstraat kan dalk met reg voel dat hulle in ‘n valstrik gaan inloop – letterlik!
Inwoners praat die afgelope weke van dié gevaar as Vereeniging se gat, of meer spesifiek, Jan Taks se gat.
Dié valstrik het egter niks te doen met die belastingkantoor se personeel wat jou lewe moeilik wil maak nie.
Dit het alles te doen met ‘n onbedekte mangat waarin ‘n man gemaklik halflyf kan staan.
Vir die niksvermoedende voetganger kan dié gat lelike nagevolge inhou soos ‘n gebreekte been of enkel, meen mnr. Peet Schabort, selfverklaarde aktivis teen swak munisipale dienslewering in die Vaaldriehoek.
Die gevaar van dié oop mangat, waar letterlik honderde besoekers aan die belastingkantore en Sedibeng se kantore van die onderwysdepartement daagliks verbyloop, is reeds onder Emfuleni se aandag gebring, maar tydens Vaalweekblad se besoek verlede week, was die mangat steeds onbedek. Die staaldeksel van die gat is vermoedelik deur skrootstaalverkopers gesteel en nie weer deur die munisipaliteit vervang nie. Sulke gesteelde deksels word deesdae met plastiese deksels vervang omdat dit nie veel waarde vir diewe het nie.
“ Daar word vertrou dat Emfuleni die gat spoedig sal bedek om te voorkom dat iemand dalk ‘n been breek of hul (slag)gat sien,” sê mnr. Schabort.

Die oop mangat digby Sedibeng se Skoolraadkantore en die Belastingkantore in Joubertstraat, Vereeniging. Foto: Peet Schabort
Die oop mangat digby Sedibeng se Skoolraadkantore en die Belastingkantore in Joubertstraat, Vereeniging. Foto: Peet Schabort

Related Articles

 
Back to top button