Local newsNewsNews

Rivier se toestand is niks anders as ‘n ramp

VANDERBIJLPARK. - Daar is ‘n stank wat in die lug hang langs die Vaalrivier! Die rivier is onooglik en die visse begin vrek! Dit is niks anders as ‘n nasionale ramp nie, maar daar is geen aanduiding dat die omstandighede enigsins verbeter nie.

Die weermag het hier ingetree en hoewel daar in sekere gebiede verhoed is dat die rivier verder besoedel word, lyk die rivier steeds erger as ooit.
Inwoners langs die rivier wonder nou of daar regtig ‘n manier is om die Vaalrivier te red. “As mens dink die krag is ‘n probleem, wag tot daar nie meer
water is nie. Drie dae ‘n VF Plus-afvaardiging het vandeesweek met verskeie kundiges en sakelui vergader om alternatiewe oplossings te bespreek vir
die Vaal-rioolkrisis.
Hierdie belangegroep het ook na oplossings gesoek om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM), waar die rioolkrisis buite beheer is, met kostebesparing te help.
Die voorgestelde plan maak voorsiening vir duisende werksgeleenthede, veral vir vroue om hulle te help om die finansiële druk op hul huisgesinne te verlig. Die geskikte stelsel word tans op plekke in Afrika, Amerika en Europa met groot sukses gebruik en maak voorsiening en jy is dood,” lees van die menings op Vaalweekblad se webblad. “Dit is ‘n nasionale noodgeval en die nuttelose politici beskou dit nie as ‘n noodgeval nie. Al wat ek kan sê is ‘God help ons’,” is nog ‘n mening. Van die foto’s wat aan Vaalweekblad gestuur is, beaam dit. vir ʼn suiwering- en herwinningsaanleg waar riool volgens die wêreld se gesondheidstandaarde tot só ‘n mate gesuiwer word dat dit vir landboudoeleindes aangewend kan word. Die VF Plus-wetgewerlede
en -raadslede is al ʼn geruime tyd besig om die rioolkrisis te ondersoek om die omvang van die probleem te bepaal.
Tydens ‘n oorsigbesoek het hulle onder meer pompstasies, rioolsuiweringswerke, stukkende pypleidings, private grond waardeur riool vloei, oewer-restaurante, hotelle, satelliet-weermagkampe, riviere en spruite besoek. Die VF Plus was ʼn maand gelede ook deel van die portefeuljekomitee
vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) wat van die probleemareas besoek het. Die VF Plus het daarna besluit om op sy eie ‘n
oorsigbesoek aan die gebied te bring en na werkbare oplossings te soek.
Cogta het na raming bepaal R5 miljard is nodig om die verouderde rioolnetwerk en -suiweringsaanlegte te herstel om teen volle kapasiteit te funksioneer.
Die feit dat die sukkelende Emfulenimunisipaliteit nie in staat is om die probleem sonder die hulp van die Gauteng- provinsie en nasionale tesourie op te los nie, het gelei tot ‘n besoek van adjunk-president David Mabuza aan die munisipaliteit. Daar word ook gewag op ʼn aankondiging van president Cyril Ramaphosa oor die aangeleentheid, maar tot dusver is daar geen reaksie nie. Die VF Plus is van mening die ANC-regering self het ook nie werkbare oplossing vir die probleem nie.
Die VF Plus se provinsiale- en nasionale strukture sal ʼn omvattende plan aan die regering vir oorweging voorgelê. Die party glo die rioolkrisis kan
opgelos word, maar die politieke wil is nodig om die wiel aan die rol te sit en die weg te baan vir vernuwende oplossings wat nie net finansieel haalbaar is nie, maar ook werksgeleenthede aan baie kan bied.

 

Nog besoedeling is duidelik sigbaar in die
Vaalrivier in Vereeniging. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button