R40 000 kan help om stryd teen kanker te wen
VEREENIGING. - Sy het so byna die stryd teen kanker oorwin. Nou kort ’n 37-jarige enkelma van Pretoria wat in Maart vanjaar met borskanker gediagnoseer is, nog net R40 000 om te betaal vir ’n lumpectomie (’n mediese prosedure om kwaadaardige selle uit haar bors te laat verwyder).
Tanya Kukard, wat in Vereeniging gebore en grootgeword het, het volgens haar suster, Melodi Nel, haar hele salaris gebruik en ’n lening aangegaan om vir die operasie wat sy op 28 Oktober moes ondergaan, te betaal aangesien haar mediese fonds glo nie uitbetaal het nie.
Volgens Tanya beskou die mediese fonds dit as ’n “voorafbestaande toestand”. Volgens haar suster het die probleem ingesluip toe Tanya onlangs na ’n ander mediese fonds oorgeskuif het.
Tanya sê sy het reeds R23 000 gevind om vir die operasie te betaal, maar nou benodig sy nog R40 000 vir die res van die mediese rekening.
Nel vertel dat sy sedert sy in Maart vanjaar met fase drie borskanker gediagnoseer is, vir talle chemoterapiesessies gegaan het. Kukard vertel: “Dit is die laaste ding wat ek ooit gedink het met my sal gebeur. Die eerste ding wat ek aan gedink het is hoe my kinders sonder my sal grootword,” vertel sy.
Kukard is die ma van twee kinders, Shaylynne Kukard, haar 16-jarige dogter, en Christen Kukard, haar 13-jarige seun.
“Die tweede ding wat ek gedink het was hoe ek hierdie ding gaan oorwin,” vertel Kukard.
“Die een ding van my is dat ek nie in opgee glo nie. Ek probeer om altyd positief te dink en te glo,” sê sy. Volgens Kukard het die chemoterapie
’n gunstige uitwerking op die kanker gehad.
Haar laaste chemoterapie-sessie was op 1 Oktober, toevallig die begin van borskanker-bewusmakingsmaand. Sy moet tans nog elke drie weke vir
radioterapiesessies gaan om seker te maak dat die kankerselle vernietig is.
Mense wat hul weg kan oopsien om finansiële bystand aan Tanya te verleen, kan haar suster Melodi by 062 774 6147 of Tanya by 082 468 5700 skakel.

haar is haar dogter (nou 16) en seun (nou 13). Foto’s: Verskaf



