NewsNews

Boerehartlikheid wag by dié plaasmark!

Op 9 November gaan daar weer behoorlik op die plaas Bosrand gekuier word, wanneer die driemaandelikse Goeiehoek-kontreimark hier gehou word. Bo en behalwe die reeds bekende tradisionele etes en gewilde teetuin, is daar nou ook gebraaide skaaptjops op die spyskaart.

Daarby bied die plaasmark hope moontlikhede vir Kersgeskenke met die unieke stempel van “tuisgemaak” daarop. Die tientalle stalletjies het iets vir
elke lid van die gesin: Van die fraaiste rokkies vir klein mensies tot handige gereedskap en braaitoerusting vir die manne.
Die heel beste raad is, kom kyk en beleef die lekker gees van hierdie mark!
Die gulde reëls bly steeds: gemaklike stapskoene, ‘n sambreel of sonhoed (wat jy sommer op die mark kan aanskaf) en genoeg tyd om deur die 170 stalletjies te snuffel. Daar is ongelukkig nie kitsbankgeriewe nie, maar sommige uitstallers het wel kaartmasjiene. Sorg dus maar vir genoeg kontant om al die aankope te kan doen vir die vakansie en Kersseisoen wat voorlê.
Die mobiele eenheid van die Nasionale Bloeddiens besoek die mark en met die vakansieseisoen op hande, word ‘n dringende beroep op bloedskenkers gedoen om te kom aanmeld. ‘n Bergfietsren word soos gewoonlik tydens die markdag gehou. Inskrywings kan op die perseel gedoen word of vooraf by www.cycleevents. co.za. Verdere navrae oor die fietsren kan gedoen word by 083 460 9338 of 078 316 6207. Annatjie du Toit, organiseerder van die Goeiehoek Kontreimark, spreek haar dank en waardering uit teenoor al die uitstallers en besoekers vir hul volgehoue ondersteuning en lojaliteit.
“Sonder hulle en die seën van Bo sou ons nie suksesvol kon wees nie,” sê sy. Vir enige marknavrae kan Annatjie by 083 541 9908 geskakel word.
* Padaanwysings: Neem die R42 Vereeniging/Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/ Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting – rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op links ná die syaansluiting. Koördinate: GPS: S26°38’58.1 / E28°06’50.0 of vind Goeiehoek Kontreimark op Google Maps.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button