Photo GalleriesSportSportSport
Sasol krieketklub soek wilgerlat-swaaiers
SASOLBURG. – Die Sasolburg Krieketklub nooi spelers uit om by die klub aan te sluit. Die klub is tans op soek na spelers van alle ouderdomme vanaf 14 jaar tot seniors, en spog met drie spanne wat in die plaaslike liga speel. Die klub se 35 beurt-wedstryde vind Saterdae vanaf 13:00 plaas en daar word …

SASOLBURG. – Die Sasolburg Krieketklub nooi spelers uit om by die klub aan te sluit. Die klub is tans op soek na spelers van alle ouderdomme vanaf 14 jaar tot seniors, en spog met drie spanne wat in die plaaslike liga speel.
Die klub se 35 beurt-wedstryde vind Saterdae vanaf 13:00 plaas en daar word teen al die verskillende dorpe in die Vaaldriehoek meegeding. Die oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 17:30 op die DP de Villiers-stadion. Voornemende spelers kan Johan Lamprecht by 082 853 8937 kontak.




