Elke huis behoort ‘n watertenk te hê
Die Vaaldam is die laagste wat dit nog was die afgelope drie jaar! Die reën het lank weggebly en die aarde is droog! Boonop is Suid-Afrika ‘n waterskaarsland wat onder die 30 droogste lande ter wêreld tel. Dit is belangrik dat mense moet besef dat water nie gemors moet word nie en daar voorsorg by …

Die Vaaldam is die laagste wat dit nog was die afgelope drie jaar! Die reën het lank weggebly en die aarde is droog! Boonop is Suid-Afrika ‘n waterskaarsland wat onder die 30 droogste lande ter wêreld tel.
Dit is belangrik dat mense moet besef dat water nie gemors moet word nie en daar voorsorg by elke huis aangebring word.
“Daar is verskeie redes waarom Suid-Afrika, benewens die lae reënval, tans ʼn waterskaarste ervaar. Dit is ʼn tekort aan opgaardamme, die vinnige bevolkingsgroei, instroming van miljoene immigrante uit Afrika en grootskeepse vermorsing en lekkasies weens swak instandhouding van infrastruktuur,” verduidelik Piet Mey, VF Plus LP en hoof woordvoerder: Water en Sanitasie.
“Daar moet deurgaans beplan en gewerk word aan die bou van nuwe opgaardamme en ander alternatiewe soos ontsouting moet deel wees van die beplanning. Ondergrondse water moet sinvol ontgin word en waar moontlik moet water gesuiwer word vir hergebruik”.
Elke huishouding kan ook hul deel bydrae om water te bespaar. Die eerste stap is waarskynlik om so gou moontlik ‘n opgaartenk aan te skaf.



