CommunityLifestyleNewsNewsUpdate

Lyk al sukkelend na versekeraar gedra

Old Mutual was die week behoorlik in die kollig (of moet mens sê sop) nadat ‘n familie wat wag vir ‘n begrafnispolis om uit te betaal, uit desperaatheid die lyk na die versekeraar se kantore geneem het. Die voorval het by een van die takke in KwaZulu-Natal gebeur, maar ‘n video van die hele petalje …

Old Mutual was die week behoorlik in die kollig (of moet mens sê sop) nadat ‘n familie wat wag vir ‘n begrafnispolis om uit te betaal, uit desperaatheid die lyk na die versekeraar se kantore geneem het.

Die voorval het by een van die takke in KwaZulu-Natal gebeur, maar ‘n video van die hele petalje het soos ‘n veldbrand regoor die land verspei. Teen Woensdag (20 November) was dit die gewildste besprekingspunt op Twitter.

In die video tel twee vroue ’n groot blou sak, vermoedelik met ’n lyk in, op en dra die sak sukkel-sukkel uit na buite en laai dit in ’n voertuig.

Dié video is amper 31 000 keer op Twitter gekyk.

Mense was woedend en het gedreig om hul polisse te kanselleer.

Klik hier om video te besigtig

Old Mutual het op die video gereageer en sê dit is vir hom skokkend en hy het simpatie met die familie in hierdie moeilike tyd.

“Ons kan bevestig dat die polis uitbetaal is,” het Old Mutual getwiet.

Die polis het, volgens Old Mutual, langer gevat om uit te betaal omdat die saak eers geassesseer moes word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button