NewsSport

Krieketgolf tref die Vaal

SASOLBURG. - Rural Krieket is besig om te herleef en die Vaaldriehoek gaan in Desember die middelpunt van belangstelling wees.

Die Nasionale Rural o.15- en o.18-krieketweek vind van 1-4 Desember in Sasolburg en Vanderbijlpark plaas en 22 spanne van regoor die land gaan aan die toernooi deelneem.
Hendrik Coetzee, hoof van die HTS Sasolburg, het in 2003 die o.15-week in Welkom begin en dit het later uitgebrei na ‘n o.18-week. Krieket Suid-Afrika se o.17-week roteer jaarliks. Hoewel die o.15 en o.18 Rural weke geen fondse van Krieket Suid-Afrika kry nie, word dit met sy goedkeuring aangebied.
“Nadat die SA Platteland-toernooie deur SA krieket gestop is, het ons besef dat daar ‘n behoefte vir provinsies soos Mpumalanga, Noord-Vrystaat, Griekwas, Limpopo en Noord- Kaap bestaan om aan ‘n nasionale toernooi deel te neem,” sê Coetzee.
Namibië stuur vanjaar twee spanne en daar is ook sterk verteenwoordiging vanuit die Boland en Kaap.
Die Vaaldriehoek was verlede jaar ook die gasheer vir die o.15-toernooi en vanjaar kom die o.18’s by. Die Suid-Afrikaanse span vir leerders met spesiale onderrigbehoeftes gaan ook tydens die toernooi in aksie wees.
Die spanne gaan in die HTS Sasolburg se koshuise tuis en die wedstryde sal op die HTS Sasolburg, Hoërskool Sasolburg, Affies Sasolburg, Sasolburg Krieketklub, Flavius Mareka, Hoërskool Transvalia en Old Vaaltonians gespeel word. Die bepalings sal eersdaags bekend gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button