NewsNews

Naweekmisdaad

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark-polisie het oor die afgelope naweek nie minder nie as 26 mense in hegtenis geneem. ‘n Groot deel hiervan was vir die bestuur onder die invloed van drank. Net twee mense is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Bykans alle gebiede waaronder SE1, SE2, SE3, SE7, CE7, Bophelong, die Roodia …

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark-polisie het oor die afgelope naweek nie minder nie as 26 mense in hegtenis geneem.
‘n Groot deel hiervan was vir die bestuur onder die invloed van drank. Net twee mense is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Bykans alle gebiede waaronder SE1, SE2, SE3, SE7, CE7, Bophelong, die Roodia kleinhoewes en selfs die sentrale sakegebied loop deur onder huisbrake. Die polisie sê ook waar inwoners teenwoordig is ten tyde van die huisbrake, raak inbrekers al hoe meer gewelddadig en verskeie aanrandings kom voor.
Ten minste twee inbrake by besighede in NW7, een in Fairbankstraat en in Kruppstraat is die naweek aangemeld. ‘n Sekuriteitswag is oorompel en in ‘n kamer toegesluit. Nog ‘n besigheidsinbraak het in Bonannè voorgekom, waar die sekuriteitswag oorrompel is deur vyf inbrekers.
Twee verkragtings het oor die naweek plaasgevind. Die een was ‘n gewese vriend wat sy vriendin verkrag het en die ander ‘n “daterape” Volgens sers. Gertrude Makhale, woordvoerder van die polisie in Vanderbijlpark, vertrou vroue mans te maklik en moet hulle grense stel en seker maak hulle is veilig.
Diefstal uit motorvoertuie kom nog algemeen voor en die naweek is ‘n geel fiat Uno en ‘n Toyota Conquest gesteel.
* Die polisie nooi alle SE-inwoners na ‘n sektor vergadering by Park Ridge Primary School op Donderdag 26 November om 18:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button