SportSport

Valia-krieket is tops

VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van die Hoërskool Transvalia het Saterdag die ses van alle sesse geslaan, toe hy die Hoërskool Driehoek in die eindstryd van die Vaaldriehoekse-krieketliga met vier paaltjies geklop het. Spogbeurte deur Walter Berrington (53*) en Zian de Jager (25*) het gesorg dat Transvalia vir die tweede agtereenvolgende jaar op die Vaal …

VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van die Hoërskool Transvalia het Saterdag die ses van alle sesse geslaan, toe hy die Hoërskool Driehoek in die eindstryd van die Vaaldriehoekse-krieketliga met vier paaltjies geklop het.
Spogbeurte deur Walter Berrington (53*) en Zian de Jager (25*) het gesorg dat Transvalia vir die tweede agtereenvolgende jaar op die Vaal Universiteit van Tegnologie se krieketveldeas die Vaaldriehoek se hoërskole-krieketkampioen gekroon is. Valia het homself met die sege as dié krieketskool in die Vaaldriehoek gevestig nadat sy o.14 -en o.15-krieketspanne ook vroeër as die Vaaldriehoekkampioen gekroon is.
Wat Saterdag se eindstryd betref, was dit ’n goeie skaakspel tussen twee goed afgerigte spanne wat met uiteenlopende spelpatrone spog. Driehoek het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, maar was op 33/3 vroeg in die knyp.
Danksy puik reddingswerk deur Niel Erasmus 58 (71), Zenand Mulder 35 (76) en kaptein Marius Stevens 33 (32) het die Hoekies ’n teiken van 159/10 daargestel. Driehoek was op 146/6 goed op koers, maar ’n reuse-ineenstorting van ses paaltjies wat vir slegs 15 lopies gekantel het, het sy eindpoging laat verwelk.
Veral die vertrek van Driehoek se gevaarman, Hugo Terblanche vir ’n ronde nulletjie was ’n reuse-terugslag.
Ondanks dié laagtepunt het Terblanche ’n droomseisoen beleef en hy kan trots wees op die bydraes wat hy tot sy span se welslae gemaak het. Vir Valia het Christiaan Coetzee (7-3-17) en die twee bobaas-draaiers Xander van der Walt (10-2-32) en Zian de Jager (10-2-38) die Hoekies in ’n web vasgedraai.
Transvalia wat met ’n ellelange kolflys spog en daarvoor bekend is dat hy nie skroom om die langsteel in te lê nie, moes sy blits-benadering tot die spel aanpas, nadat Driehoek se aanvangspaar met goeie lyn- en lengte boulwerk die lopies laat opdroog het. Driehoek het kort voor etenstyd vyf goue beurte deurgewerk en met die telling op 6/1 bietjie meer gerus die innerlike gaan versterk. Driehoek se boulers het daarna met beheerde aggressie sy lyn- en lengte aanval met goedgeplaasde kort aflewerings afgewissel.
Driehoek se boulaanval het Valia op 60/5 soos ’n halfgestolde jellie laat ronddobber, maar Valia se aanvangskolwer Walter Berrington het die ankerrol met onderskeiding vertolk. Hy het goeie ondersteuning van Zian de Jager gekry. Die tweemanskap se vennootskap van 58 lopies was deurslaggewend.
Die 15-jarige de Jager het met een voet in die drukkoker en die ander een in die vuur ’n volwasse beurt gespeel en met sy temprament beïndruk.
Berrington se wenbeurt was ’n juweel en hoewel hy en De Jager elk ’n kans gebied het, verdien eersgenoemde ’n goue plaatjie in Valia se klubhuis.
Vir Driehoek het Hugo Terblanche (10-2-30), Maruis Stevens (9-2-26) en Raun Mynhardt (7-2-36) ’n puik boulvertoning gelewer, maar dit kon nie die Berringtonsimfonie van stryk af bring nie.

Kontak! Niel Erasmus, bobaaskolwer van Driehoek se eerste krieketspan, lê die langsteel in.
Kontak! Niel Erasmus, bobaaskolwer van Driehoek se eerste krieketspan, lê die langsteel in.
Valia se Xander van der Walt  lig die balkies nadat hy die penne na ’n  goeie stukkie veldwerk met ’n direkte gooi getref het.
Valia se Xander van der Walt lig die balkies nadat hy die penne na ’n goeie stukkie veldwerk met ’n direkte gooi getref het.
Heinrich Coetzee van Driehoek sak af op een knie om ’n  aflewering grenstou toe te stuur.
Heinrich Coetzee van Driehoek sak af op een knie om ’n aflewering grenstou toe te stuur.

Related Articles

 
Back to top button