Hulle kon onlangs na 31 jaar weer vier geslagte op een foto vasvang. Die gesin het in 1988 vir die eerste keer dié voorreg gehad toe Louna Cox (Johnson) op 18 Oktober 1988 in Vanderbijlpark gebore is.
Dit was onlangs Louna se beurt om van oor tot oor te glimlag na die geboorte van haar en haar man Bryan se babadogtertjie, Hailey Rose Betton. Hailey is op 28 Oktober in Pretoria gebore. Die familie is verheug oor dié kleinding en daar is dadelik foto’s van die vier geslagte saam geneem.
Ouma Amanda woon saam met oupa Japie in Risiville in Vereeniging, terwyl ouma Doreen in Alberton woon. Hailey is baie bevoorreg om nie net een nie, maar twee oumagrootjies te hê. Haar ander oumagrootjie, Baby Johnson, woon in Risiville.

Betton op haar skoot, en ouma
Amanda Johnson.
Hailey is op 28 Oktober in
Pretoria gebore.



