NewsNews

Suzette se ligte en donker ‘toorkuns’

VEREENIGING. - Suzette Bosman se liefde vir die land en sy mense is duidelik sigbaar in haar kunswerke. Dié talentvolle kunstenaar is in Linden gebore, maar woon reeds jare in die Vaaldriehoek.

Sy het haar skoolloopbaan aan Johannesburg Skool vir Kuns, Musiek en Ballet voltooi en daarna as kartografiese tekenaar gekwalifiseer. Dit was danksy haar tyd as lid van die YW WAM-bediening dat sy met Lesotha en sy mense kennis gemaak het. “Hulle het my geïnspireer om te skilder.
‘The many faces of South Africa’ het baie temas,” vertel Suzette.
Sy skilder in alle mediums maar akriel en olie is haar voorliefde. In die Vaaldriehoek het sy by die Vaal Art Society aangesluit en sodoende baie medekunstenaars ontmoet. “Die opbouende kritiek wat ek daar gekry het, het my gehelp om te verbeter,” sê sy.
Die Kunsvereniging hou gereeld kompetisies vir sy lede. Suzette het onlangs met die louere weggestap in die kategorie: lig en donker.
Maggie Loubscher was haar eerste leermeester en alhoewel sy werkswinkels van Lukas de Witt en Douw van Heerden eenmalig bygewoon het, verkies Suzette om op haar eie te ontwikkel.
Sy stal graag van haar werke saam met mede- kunstenaars uit. “My werke is tot eer van die Here. Ek skilder omdat ek moet, dis reeds geslagte deel van my DNA,” sê Suzette.
Haar werk het ‘n dramatiese en realistiese aanslag, danksy die sterk gebruik van lig en donker. ”Glo in jouself en gebruik jou talent,” is Suzette se raad aan alle kunstenaars. Suzette doen ook kommissiewerk. Kontak haar gerus by 072 224 2902 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button