Die titel Spertyd dui ‘n tyd aan waarop iets voltooi moet wees. Op 95-jarige ouderdom skryf sy: “My lewe is in ‘n doodloopstraat,” maar ek besef
dat ‘n mens in ‘n cul-de-sac terugdraai en ‘n nuwe koers kry”.
Met herinnering en dieper delf ry sy terug uit die cul-de-sac, en verken die kontinent van die ouderdom en gee gestalte aan die laaste kontinent deur ‘n kartering van die vernouing wat die ouderdom bring. Haar pa het haar aangeraai om die goue middeweg te volg, maar sy was die ekstreme. In Spertyd het sy die goue middeweg gevind, want ervaring bring ewewig en ouderdom bring wysheid. Sy wissel tussen hede, haar tyd in die aftreeoord waar sy die mede-inwoners, personeel en besoekers beskryf en die verlede aan die hand van haar herinneringe. Douwe Draaisma, skrywer van Forgetting: Myths, Perils and Compensations en Memory and Forgetting, fokus op die wonder van vergeet. Feite
tydens gebeure word die deur verskillende soorte geheue geprosseseer:
• Semantiese geheue verwerk die gebeure en verwante oomblikke.
• Outobiografiese geheue onthou die persone wat betrokke was.
• Semantiese geheue onthou die feite en inligting, maar nié die omstandighede waaronder die feite bekom is nie.
Draaisma sê as gevolg van jou outobiografiese geheue, onthou mense subjektief. Hoekom voel dit asof tyd vinniger verby snel by ouer mense? Die wetenskap verduidelik dat hoe meer detail ingeneem word, hoe langer voel die oomblik. As gevolg die toenemende bekendheid van die volwassene se
wêreld waar geheue geberg is, is minder dinge núút vir volwassenes. Hul fokus nie meer op elke klein detail van ‘n nuwe ervaring soos kinders wat met
vars oë kyk nie, daarom voél dit asof tyd vinniger verbygly. Ook as gevolg van saambondeling – volwassenes deel ervarings in ‘n énkele groot ervaring op. Hoe om tyd stadiger te laat verbygaan is maklik: ontbondel. Leef in die oomblik, fokus op detail van ‘n ervaring.
Neem waar met ál jou sintuie. Breek weg uit roetine. Wees leergierig. Gedetaileerde geheue verleng ervaring van tyd. Die sentrale gedagtes in die boek is verlies, verganklikheid, ouderdom en die dood. Sy is egter nie beangs oor die dood nie en dink oor die dood met ‘n sin vir humor.
Ouderdom bring ‘n nuwe verhouding met jou lyf en nuwe waardering vir klein vreugdes en voorregte. Die béste deel van oud word is dat dit ‘n núwe manier van waarneming bring. Jou gemoed word ánders. Die liefde in jou lei tot ‘n eie binnestilte, wat op sý beurt groei en wat jou krag gee, sodat jy één kan wees met die skepping.
Joubert besef hoe die liggaam en gees worstel en in stryd is met God. Besef “leegwees” is eintlik álles. Dis éérs wanneer ek van mysélf vergeet, dat stukke van God in my gestalte kry. Eers wanneer jy geen identiteit het nie, die stukkie van God gesig wys. Skryf is om wéér aan die lewe te kom. Spertyd is ‘n testament van skryfwerk. Dit asem wysheid en ervaring waaraan ‘n leeftyd versamel is.



