Local newsNewsNews
Is dit Vuilpark of Vaalpark?
VAALPARK. – Inwoners van Vaalpark is raadop en keelvol omdat hulle strate in vullishope verander het. ‘n Ongelukkige inwoner van Joule straat het Vaalweekblad genader oor die chaotiese stand van sake. “Die munisipaliteit het amper ‘n maand laas die vullissakke in die area verwyder. Dit het intussen gereën en met dié hittegolf staan die vullissakke …

VAALPARK. – Inwoners van Vaalpark is raadop en keelvol omdat hulle strate in vullishope verander het. ‘n Ongelukkige inwoner van Joule straat het Vaalweekblad genader oor die chaotiese stand van sake. “Die munisipaliteit het amper ‘n maand laas die vullissakke in die area verwyder. Dit het intussen gereën en met dié hittegolf staan die vullissakke in die son en bak. Die stank is so erg, mens kan nie eers op jou stoep sit nie,” het die ontstoke inwoner gesê.
Vaalweekblad het die Metsimaholo Munisipaliteit om kommentaar genader en sal hul reaksie publiseer sodra dit ontvang is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



