‘Sy sou haar lewe vir die SAPD gee, maar vandag is sy net ‘n nommer’
Ma vertel van smart na polisievrou se dood


Amanda de Goede, gebroke ma van wyle Sersant Nevilene Pretorius, skryf op 3 Desember uit Deneysville:
Help my die post share sover ons kan asseblief. Ek wil iets sê en ek gaan dit sê… sodat almal op Facebook dit kan lees.
Ons dogter is oorlede op 29 Oktober 2019… vandag is 3 Desember 2019.
Sy was 18 jaar in die SAPD.
Tot en met vandag het ons nog nie ‘n sent van die SAPD ontvang vir haar begrafnis nie… ons gee nie om oor die geld nie… dit sal geen seer beter maak nie. Net die feit bly staan: Hulle moes binne 48 uur uitbetaal het.
Ek het al die dokumente aangestuur soos hulle dit gevra het.
Ek voel dat daar geen maar géén respek getoon is aan ons dogter, wat haar alles gegee het vir die SAPD nie.
Saans as haar kiddies slaap, gaan werk sy… stel haar eie lewe op die spel… want dit was haar passie.
En vandag is sy net ‘n nommer. ‘n Lêer wat toegemaak is en weggebêre is.
Dankie SAPD…
Vaalweekblad-agtergrond:
* Sersant Pretorius (35), wat onder andere in De Deur en Klerksdorp vir die SAPD gewerk het, het op 29 Oktober aan breinkanker gesterf. Haar ma, mev. Amanda de Goede van die Vaaldriehoek, gee dié bykomende inligting: “Al die dokters het haar vir 8 jaar gediagnoseer met sinus. Toe word sy een oggend deurmekaar wakker. Ons neem haar toe vir ‘n breinskandering en vind uit sy het ‘n breintumor. Hulle het haar einde Julie 2019 geopereer. Die kanker was baie aggressief en het deur haar hele liggaam versprei. Sy is oorlede op 29 Oktober 2019.”
Vaalweekblad se innige simpatie aan mev De Goede en al sersant Pretorius se familie en vriende.



