NewsNews

Bestuurder hardloop weg na ongeluk

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanmiddag 30 November op die Kruising van Andries Potgieter boulevard en Playfair boulevard gaan moontlik ‘n interresant nadraai oplewer nadat vermoed word dat die bestuurder van een van die voertuie ‘n vermeende rower is. Die ongeluk het net voor 15:00 gebeur en getuies op die toneel het gesê dat die bestuurder …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanmiddag 30 November op die Kruising van Andries Potgieter boulevard en Playfair boulevard gaan moontlik ‘n interresant nadraai oplewer nadat vermoed word dat die bestuurder van een van die voertuie ‘n vermeende rower is.
Die ongeluk het net voor 15:00 gebeur en getuies op die toneel het gesê dat die bestuurder van die Golf weggehardloop het. Die bestuurder van ‘n Toyota afleweringswa is ernstig beseer en is deur ER24 op die toneel behandel.
Die een brandweerman het ‘n volgesig swart balaklava in die Golf gevind en die vermoede het ontstaan dat die bestuurder betrokke is by die een of ander misdaad. Na die verkeer per radio en selfoon inligting ontvang het is bevestig dat die registrasie nommer van die Golf op ‘n BMW geregistreer is en dat die oorhoofse kamera klaarblyklik gewys het dat daar ‘n blou lig op die Golf was. Die was nêrens op die toneel gevind nie. Lees meer hieroor in Vaalweekblad 9 November. FOTOS EN VIDEO: JANNIE DU PLESSIS (VAALWEEKBLAD).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button