NationalNewsNews

Polisie omsingel en forseer fyngeboude vrou in SAPD-bussie

Kyk die video. Dit blyk dat die jong, fyngeboude vrou by 'n padblokkade deur die polisie afgetrek is, maar dat sy aangery het tot by 'n verligte vulstasie.

 

Intelligence Bureau SA het gister ‘n video op Facebook geplaas van ‘n vrou wat by ‘n vulstasie in Lyttleton, Pretoria, deur ‘n groep polisielede in ‘n bussie inforseer word. Die agtergrond van die gebeure is onbekend, maar volgens Intelligence Bureau SA wil dit voorkom asof die jong, fyngeboude vrou by ‘n padblokkade deur die polisie afgetrek is, maar dat sy aangery het tot by die verligte vulstasie.
Baie lesers het reeds hul skok oor die voorval op Facebook uitgespreek omdat die polisie self al dikwels die raad gegee het dat motoriste stadig moet aanry tot by ‘n verligte plek as hulle bang is om in die donker by ‘n polisie-padblokkade stil te hou. As iemand meer inligting oor die voorval het, lewer asseblief kommentaar onder die berig op Vaalweekblad Facebook.

Kyk die video hier:

https://www.facebook.com/IntelligenceBureauSA/videos/777773199386682/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button