Entertainment
Die Palms vier Kerstyd met liggie-skouspel
Die Palms-winkelsentrum in Vanderbijlpark, sowel as die sypaadjie en middelmannetjie voor die sentrum, is regdeur die jaar 'n lus vir die oog, maar gedurende die feesgety lok die pragtige Kersliggies ook saans besoekers van heinde en ver.


Gaan kyk gerus na die liggies wat verlede week deur Fanie de Jongh en sy personeel van die Palms-winkelsentrum in Louis Trichardtboulevard, Vanderbijlpark, aangebring is en die straat saans in ‘n sprokies-wonderland omtower. DANKIE PALMS!



