NewsNews

Tornado of baie sterk wind?

VEREENIGING. – Om lekker in die Spur te sit en dan ‘n oproep van angsbevange werkers te kry dat ‘n ‘tornado’ by jou woning verwoesting saai, is nie ‘n lekker ondervinding nie.

Dit is egter presies wat Donderdagaand, 28 November omstreeks 19:30 met die Brits-egpaar gebeur het.

Die dak van hul fabriek, Rainbow Inflatables, is afgeruk en sowat 100 meter verder neergegooi. Andre Brits het vermoed dat dit die werk van ’n ‘tornado’ was.

Hy sê hy het duisende rand se skade gelei toe die dak en strukture beskadig is. Werkers se kamers, ’n weerligafleier, ’n lapa, sowel as André se huis is beskadig.

Twee van die sowat 30 werkers wat op die perseel bly, het beserings opgedoen. “Een van die werkers het ’n sny aan sy kop opgedoen en ’n ander een het sy heup beseer,” vertel André. Dat niemand dood is nie, is net ’n genade.”

André, wat nog nooit so iets aanskou het nie, vertel: “Toe ek die aand hier aankom, was al wat ek kon doen om te begin giggel. Dit was maar meer senuwees,” sê hy.

Verskeie voertuie wat langs die fabriek geparkeer was, is gelukkig nie beskadig nie. Mary Mphatsoe, ’n huiswerker wat op die perseel was toe die voorval gebeur het, sê sy het die wind gehoor en toe ’n harde slag. Toe sy uitgaan om te gaan kyk wat aangaan, het die dak reeds tot stilstand gekom.

’n Ander werker vertel dat dit geklink het soos ’n bus wat in ’n muur vasry.

Die skade is beperk tot Andre se erf. Hy sê: “Dit lyk of die palmbome hier op my erf gekeer het dat die dak na my buurman se huis oorwaai.” Die palmbome het ook in die slag gebly.

Dr. Roelof Burger, ’n senior dosent in omgewingsbestuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, sê dit is onwaarskynlik dat die weerverskynsel ’n tornado was, aangesien dit tot so ’n klein area beperk was.

Hy het bevestig dat daar op die betrokke dag redelike groot storms oor Vereeniging voorgekom het en dat dit op die universiteit se radar sigbaar is.

Burger meen die sterk wind is moontlik deur ’n sterk afstroming (downdraft), ’n afwaartse stroming van koeler lug, veroorsaak.

Dié soort weerverskynsel kan ook baie gevaarlik wees en was al verantwoordelik vir talle vliegtuigongelukke regoor die wêreld.

Downdraft vs tornado

Downdraft: A downdraft is a volume of sinking air that originates from a convective storm. The air sinks due to negative buoyancy (being colder and thus denser than the surrounding air). An analogy to a downburst is a water balloon thrown to the concrete. The water will splash in all directions but the splash will be more directed in the angle that the balloon hit the concrete. The wind speed and thus damage can be more in a particular direction. The damage tends to fall in the direction the wind is moving toward.

Tornado: A tornado damage pattern will tend to produce a streak across the surface. The tornado damage pattern is also much more chaotic. There is a 360 degree variation in wind direction in the vicinity of the tornado.

This produces a wind from all directions over the locations the tornado moves over. When damage surveys are done, the pattern of the damage helps the surveyor determine if a tornado occurred or if a downdraft occurred.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button