Bestuurder hardloop weg na ongeluk
VANDERBIJLPARK. – Die ongeluk Maandagmiddag (30 November) by die Andries Potgieter- en Playfair-boulevard kruising het ‘n interresante nadraai nadat die bestuuder van die voetuig weggehardloop het. Die ongeluk het net voor 15:00 gebeur en getuies op die toneel het gesê dat die bestuurder van die Golf het ‘n khaki broek en blou hemp aangehad soos …
VANDERBIJLPARK. – Die ongeluk Maandagmiddag (30 November) by die Andries Potgieter- en Playfair-boulevard kruising het ‘n interresante nadraai nadat die bestuuder van die voetuig weggehardloop het.
Die ongeluk het net voor 15:00 gebeur en getuies op die toneel het gesê dat die bestuurder van die Golf het ‘n khaki broek en blou hemp aangehad soos ‘n verkeer of polisieman. Die bestuurder van ‘n Toyota Quantum afleweringswa is ernstig beseer en is deur ER24 op die toneel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die bestuurder van die Golf het volgens ‘n getuie die rooi robot verontagsaam en met ‘n hoë spoed oorgejaag. Een van die brandweermanne van Emfuleni Brand en Redding het ‘n volgesig swart balaklava in die Golf gevind en die vermoede het ontstaan dat die bestuurder betrokke is by die een of ander misdaad.
‘n Lesers op Vaalweekblad Facebook het reeds bevestig dat soortgelyke motor haar afgetrek het in Hendrik van Eck boulevard verlede Woensdag 25 November. ‘n Ander leser het vertel dat dieselfde dag het so ‘n silwer GTI Golf hom probeer kaap op die Donald pad naby Risiville in Vereeniging.
Nadat verkeerpersoneel per radio en selfoon inligting ontvang het, is bevestig dat die registrasie nommer van die Golf op ‘n BMW geregistreer is en dat die oorhoofse kamera klaarblyklik gewys het dat daar ‘n blou lig op die Golf was. Die balaklava in die Silwer Golf GTI het die vermoede laat onstaan dat die bestuurder by een of ander misdaad betrokke is. Vaalweekblad het bevestig dat die Silwer Golf GTI in Muldersdrift gekaap was. Die blou lig was egter nêrens op die toneel gevind nie maar is klaarblyklik deur die polisie verwyder. Klik op skakel vir video.
https://www.facebook.com/Vaalweekblad/videos/858688854246118/








