NewsNews

Nuwe App maak boeklees en -skryf ‘cool’

VANDERBIJLPARK. - “Ek het nooit daarvan gehou om te lees nie ... ek het dit gehaat. Dit het egter nou heeltemal verander vandat ek die WattPad-App gekry het.”

Dit is die 19- jarige Marezha de Jager van die dorp se nuwe uitkyk wat lees betref. WattPad is ‘n program waarop tieners en volwassenes kan lees
en ook self boeke skryf.
“Daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies. Dit voel amper of jy in ‘n lekkergoedwinkel is,” skerts Marezha. Dit het nou haar passie geword om
te lees en self boeke te skryf. Maar glo dit of nie, ousus het by kleinsus Magdalena (15) van dié nuwe tydverdryf gehoor.
“Ek was so nuuskierig dat ek net self die App moes aflaai, en ek was nog nooit spyt nie. Deesdae druk ek my emosies uit deur boek te skryf.”
Behalwe dat dit dalk ‘n wonderlike manier is om jouself besig te hou die vakansie, brei dit boonop tieners se woordeskat uit. Boeklees is wraggieswaar
wéér cool!
“Mense praat die waarheid as hulle sê lees sal jou punte verbeter. Dit het gesorg dat my woordeskat meer uitgebrei en my algemene kennis verbeter
het.
“As jy lees, vat dit vir jou na ‘n ander wêreld. ‘n Wêreld waar al jou bekommernisse wegkwyn,” sê Marezha. Wat dit nog beter maak, is dat dit tot selfvertroue bydra. “Dit laat my sommer goed voel oor myself.”
* Marezha is dieselfde tiener wat sowat twee weke gelede in Vaalweekblad gepronk het, nadat sy vanjaar haar eie matriekafskeidsrok gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button