Photo GalleriesSportSportSport

Sedibeng Marathon lok langasems van oral

VEREENIGING. – Duisende mense het Sondagoggend 8 Desember aan die 32Gi Vaal Club Sedibeng Marathon en gepaardgaande 21.1km, 10km en 5km-wedlope deelgeneem. Die marathon het met 728 deelnemers, die grootste aftrek gekry. Eliud Biwott (Nedbank) en Yolande Maclean (Murray and Roberts) is Sondagoggend as die mans- en vrouewenner van die 32Gi Vaal Club Sedibeng Marathon …

VEREENIGING. – Duisende mense het Sondagoggend 8 Desember aan die 32Gi Vaal Club Sedibeng Marathon en gepaardgaande 21.1km, 10km en 5km-wedlope deelgeneem.
Die marathon het met 728 deelnemers, die grootste aftrek gekry.
Eliud Biwott (Nedbank) en Yolande Maclean (Murray and Roberts) is Sondagoggend as die mans- en vrouewenner van die 32Gi Vaal Club Sedibeng Marathon oor 42.2km gekroon.
Biwott het die wedloop in 02:22:02 voltooi en Maclean in 03:00:07.
Peter Muthubi van Nedbank AVT (02:31:41) het in die sewende plek algeheel klaargemaak en hy was ook die eerste plaaslike atleet oor die wenstreep.
In die 21.1km-wedloop het Victor Pheha van Top Runner Atletiekklub die manswedloop in ‘n tyd van 01:16:17 gewen.
Lebo Mofokeng (Omnia: 01:33:54) het die boonste plek op die wennerspodium van die vrouewedloop beklee.
Die bewolkte weerstoestande was ideaal vir ‘n marathon, maar die onderskeie wedlope het nie heeltemal seepglad verloop nie.
Volgens die atlete het hulle 23.23km afgelê en nie 21.1km nie.
Daar is ook gebrom weens die gebrek aan water oor die laaste 7km. Die marathon was veronderstel om 06:00 te begin maar die skoot het eers 15 minute laat geklap en daar is geen rede vir die vertraging verstrek nie.
Die organiseerder van die marathon Frans Chauke van 32Gi, kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie. Die Vaal River City Marathon wat vroeër die jaar plaasgevind het, het soortgelyke probleme ervaar.
– Vir die volledige uitslae besoek www.finishtime.co.za

Related Articles

 
Back to top button