NewsNews

Ma en twee kinders geskiet in rooftog

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ma en twee leerlinge van die Hoërskool Driehoek is vanoggend ongeveer 04:00 by hul huis in Piet Retief Boulevard doodgeskiet deur vermoedelik vier rowers wat die huis betree het. Thea du Preez (41), hul dogter Carlia (17) en seun Phillip (14) is in die huis oorval en doodgeskiet. Volgens inligting vroeër het die …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ma en twee leerlinge van die Hoërskool Driehoek is vanoggend ongeveer 04:00 by hul huis in Piet Retief Boulevard doodgeskiet deur vermoedelik vier rowers wat die huis betree het.
Thea du Preez (41), hul dogter Carlia (17) en seun Phillip (14) is in die huis oorval en doodgeskiet. Volgens inligting vroeër het die vier rowers die huis betree terwyl pa Fanie in motorhuis doenig was. Fanie het egter bevestig dat hy net twee gesien het en met een van die rowers gestoei het. Forensiese spanne van Pretoria, ballistiese spanne, speurders en die polisie is tans op die toneel besig met die ondersoek. ‘n Vuurwapen is op die toneel gevind. Selfone en beursies is in die agterplaas gevind. Mede-leerlinge van Phillip en Carlia staan hartseer in ‘n groep op die toneel. Lees meer hieroor in Vaalweekblad 9 Desember.

FOTO: Jannie du Plessis (Vaalweekblad).DSC01876 (Small) DSC01894 (Small) DSC01903 (Small) DSC01947 (Small) DSC01955 (Small)

Carlia du Preez (17)
Carlia du Preez (17) Foto: Facebook
Phillip du Preez (14)
Phillip du Preez (14) Foto: Facebook
Thea du Preez (41)
Thea du Preez (41) Foto: Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button