Vaal se boksreus beseer toe kryttou meegee
Ettienne van Rensburg KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser het vroeër vandag in ‘n fratsongeluk sy knie en arm beseer toe hy agteroor uit ‘n bokskryt geval het weens ‘n kryttou wat meegegee het. Hy was veronderstel om vandag sy titel teen Tiaan Fick by Camps Bay High te verdedig, maar die hoofgeveg is …
Ettienne van Rensburg
KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser het vroeër vandag in ‘n fratsongeluk sy knie en arm beseer toe hy agteroor uit ‘n bokskryt geval het weens ‘n kryttou wat meegegee het.
Hy was veronderstel om vandag sy titel teen Tiaan Fick by Camps Bay High te verdedig, maar die hoofgeveg is gekanselleer sonder dat ‘n enkele hou geslaan is. Die fratsongeluk het gebeur net voordat die volkslied gesing sou word toe Visser soos oudergewoonte teen die toue met sy rug geleun het om die toue te toets.
“Ons is net dankbaar dat hy nie op sy kop geval het nie,” het sy ma Juanita na die skokkende voorval gesê.
Hiernaas is ‘n video van dié voorval waarin die boorling van die Vaaldriehoek beseer is.
https://www.facebook.com/tian.fick/videos/10219713971495480/



