NewsNews

Sewe-jarige ernstig beseer na ongeluk

VAALDRIEHOEK. - Paramedici sê ‘n sewe-jarige seuntjie is ernstig beseer na ‘n ongeluk op die N1 naby die Grasmere Tolplaza Sondag middag.

ER24 sê sy ouer sussie het matige beserings opgedoen en sy ma geringe beserings na hulle beheer oor hulle voertuig verloor het en in ‘n lamppaal vasgery het. ‘n Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, het eerste op die toneel gekom en het ‘n verbygaande JMPD voertuig gekry om af te trek. ER24 paramedici het omstreeks 14:45 op die toneel gekom waar hulle gevind het dat die seun, wat voor in die passasiersitplek gesit het, die ergste beserings opgedoen het. Hy is gevorderde lewensondersteuning toegedien en deur ‘n private mediese helikopter na ‘n private hospitaal vir verdere sorg geneem. Die dogter, wat glo agt jaar oud is, is ook op die toneel behandel en na die Bheki Mlangeni Distrikshospitaal geneem. Die ma is na die Lillian Ngoyi Community Health Centre vir verdere behandeling geneem na sy ook op die toneel behandeling ontvang het. ER24 weet nie wat die oorsaak van die ongeluk is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button