LifestyleLocal news

Kleingoed en grootouers op Kersparty getrakteer

"Dankie aan die Centurions-motorfietsklub wat die perseel gratis verskaf het, die "bikers" wat geskenke geborg het, en ander borge wat op verskillende maniere bygedra het tot die dag se sukses"

Dit was verlede Saterdag heeltyd speeltyd by Centurions Motorfietsklub se klubhuis in Vanderbijlpark toe ‘n groot groep minderbevoorregte kinders en hul grootouers tydens ‘n Kersboomgeselligheid en pretdag bederf is. Die dag waartydens kos aan sowat 180 kinders en volwassenes verskaf is, is moontlik gemaak deur Petra van Zyl, in samewerking met Marius Lewis van IFM102.2. Petra bedank graag die Centurions-klub wat die perseel gratis verskaf het, die “bikers” wat geskenke geborg het, en ander borge wat op verskillende maniere bygedra het tot die dag se sukses.
(Die kleingoed se oë word volgens persreëls verberg).

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button