Swanger vroue moet dink voor hulle drink
Kersfees is beslis ‘n tyd om te ontspan saam met familie en vriende. Lekker eet en drink is natuurlik ‘n groot deel van al die feesvieringe. Maar dit is belangrik dat swanger vroue hul alkoholinname beperk om fetale alkoholsindroom voorkom. Wat is fetale alkoholsindroom (FAS)? Melissa Schoonbee, ‘n spraakterapeut van Parys Distrik Hospitaal verduidelik FAS …

Kersfees is beslis ‘n tyd om te ontspan saam met familie en vriende. Lekker eet en drink is natuurlik ‘n groot deel van al die feesvieringe. Maar dit is belangrik dat swanger vroue hul alkoholinname beperk om fetale alkoholsindroom voorkom.
Wat is fetale alkoholsindroom (FAS)?
Melissa Schoonbee, ‘n spraakterapeut van Parys Distrik Hospitaal verduidelik FAS is ‘n geboortedefek wat veroorsaak word deur die gebruik van alkohol tydens swangerskap. Dit word gekenmerk deur vertraagde groei, gesig- en ander abnormaliteite sowel as die misvorming van organe.
Alkohol bevat gifstowwe wat kan inmeng met die sellulêre groei en metabolisme van die fetus.
Wanneer ‘n vrou alkohol gebruik, versprei hierdie vloeistof na al haar organe en weefsels, insluitend die plasenta. Alkohol het die vermoë om verby die membraan van die plasenta te beweeg na al die ontwikkelende weefsel van die fetus.
Die kliniese tekens wat teenwoordig is in ‘n kind met FAS, sluit die volgende in:
* Vertraagde groei
* Die kind kan ondergewig wees en/ of kort van gestalte.
* Kopomtrek is kleiner as dié van ‘n normaal ontwikkelende kind
* Oë is klein en ver van mekaar
* Ore is klein en effens laer geleë op die kop
* Neus met plat philtrum (groef op die gebied tussen die neus en die bolip)
* Dun bolip, gesplete lip en/of verhemelte mag teenwoordig wees
* Ken is klein en teruggetrokke
* Beperkte beweging van gewrigte
* Nier- en hartdefekte mag ook voorkom
* Brein- en senuweestelsel abnormaliteite
* Min tot matige verstandelike gestremdheid
* Vertraagde bereiking van ontwikkelingsmylpale
* Swak hand- en –oogkoördinasie
* Vertraagde ontwikkeling van fyn en groot motoriese koördinasie
* Verhoogde prikkelbaarheid en hiperaktiwiteit
Behandeling van kinders met FAS:
Kinders met FAS kan by fisioterapie, spraakterapie en arbeidsterapie baat. Terapie kan die kind help om hy/sy se volle potensiaal te bereik.



