LifestyleLocal newsNews

Flukse Marnu (12) maak self sy omgewing mooi

Hy het besluit om sy omgewing self te verfraai deur gereeld gras op die sypaadjie en middelmannetjie naby hul huis te sny en dit netjies te hou.

VANDERBIJLPARK. – Terwyl baie mense betraand raak en moed verloor oor die agteruitgang van Suid-Afrika, is daar dié wat hulle deur niks laat onderkry nie. Een so ‘n persoon is Marnu Edwards, wat besluit het dat hy sy omgewing mooi, skoon en leefbaar wil help hou, al is hy net 12 jaar oud.

Dié flukse knaap, wat pas sy graad 6 aan die Laerskool Kollegepark voltooi het en dié maand 13 word, woon in Louis Trichardt-boulevard in dieselfde straat as die Palms-winkelsentrum. Dié sentrum is lankal bekend as een van die netjiesste winkelkomplekse in die Vaaldriehoek, danksy die toegewyde werk van plaaslike ontwikkelaar Fanie de Jongh en sy personeel.

Marnu volg dié span se voorbeeld en sny elke naweek uit vrye wil gras op die middelmannetjie naby sy huis, hy lei nat en maak skoon.

Wanneer hy eendag groot is, wil hy graag sy eie tuindiens-onderneming begin, sê Marnu.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button