EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Tina se poppe en -kleertjies bring vreugde én vul pensioen aan

'n Vaaldriehoekse pensioenaris, Tina Doubell, speel deesdae weer lekker pop terwyl sy terselfdertyd vreugde in die lewe van klein dogtertjies bring.... én haar eie pensioengeld op 'n prettige manier aanvul.

 

Die trae ekonomie veroorsaak dat die meeste inwoners van die Vaaldriehoek hul sente ‘n paar keer moet omdraai of planne moet maak om hul inkomste op kreatiewe maniere aan te vul. Een van dié mense is Tina Doubell, wat weer lekker pop speel en terselfdertyd vreugde in die lewe van klein dogtertjies bring, terwyl sy haar pensioen op ‘n prettige manier aanvul.
Oumas of mammas wat nog op soek is na ‘n oulike Kersgeskenk vir ‘n dogtertjie, kan gerus ‘n pop of twee by Tina aanskaf!

Tina vertel self haar storie:
Dit het begin met my kleindogter wat 4 jaar gelede 2 American Girl poppe gekry het. Sy het my gevra om vir die pop klere te maak, maar omdat ek nie ‘n pop gehad het nie, het dit nooit gerealiseer nie.

Die pop is ‘n 18 dm pop (45cm) en daar is nie ander poppe op die mark wat die pop se mates het nie. Ek het die 17dm pop probeer, maar sy is te maer, en geen mates pas nie. My kleindogter wou nie eintlik haar pop vir my leen vir die mates nie, want jy weet hoe is kinders maar, die pop “kuier te lank”.

Tyd het verloop, my man het in daardie stadium baie siek geword, en is in Maart verlede jaar is hy oorlede aan akute demensie.

Ek het later iemand ontmoet in die kerk, baie ouer as ek, en ons is in Oktober 2018 getroud. Ons bly op ‘n plot en daar is ‘n woonstel op die plek, waar hý op ‘n stadium gebly het toe die groot huis verhuur was. Ons bly in die groot huis, het planne gemaak wat om te maak met die woonstel, want ons moet albei ‘n ekstra inkomste kry om ons pensioen aan te vul. Ek het die idee gekry om die woonstel in ‘n popwinkel te verander.

Ons beplan ons besigheidjie as volg:
1. Online winkel Lauretta Doll Clothes (Online: laurettadollclothes)
2. Showroom op die plot (popwinkel) een keer ‘n maand op die laaste Sondag van ‘n maand van 14H00 tot 18H00 (sodoende kan ons ook soms ‘n naweek weggaan of paar dae gaan kamp).

Dit gaan nou nog maar sukkel-sukkel, want alles is nuut en in die begin wankel dit maar.

Ons het 4 poppe (18dm), 2 Our Generation Leah en Jamie, 1 American Girl Samantha (sy is die ene met die swart hare en pienk-rooi aandrokkie) en Mandy, die donker poppie met die short en T-hempie. Al die klere maak ek self, hekel en brei die hoede, cardigans en “shopping bags”.

Daar is ook bykomstighede soos skoene, handsakkies, juweliersare, krone, en veel meer.

* Om meer oor Tina se poppe en popklere te wete te kom, skakel haar gerus by 060 558 9527.

Foto’s onder: Voorbeelde van die piepklein handgemaakte popklere en bykomstighede wat self deur Tina ggeskep word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button