NewsNewsBreaking News

Vry maar steeds veroordeel

  Vicky Momberg is uit agter die slotte van die Sun City-gevangenis in Johannesburg, maar steeds vasgevang deur veroordeling. Haar hofsaak het die land bykans in twee geskeur en min het verwag dat sy deel van president Cyril Ramaphosa se vervroegde vrylatingsveltog sal wees. Waarskynlik het sy klaar haar doel gedien om ander blanke landsburgers …

 

Vicky Momberg is uit agter die slotte van die Sun City-gevangenis in Johannesburg, maar steeds vasgevang deur veroordeling. Haar hofsaak het die land bykans in twee geskeur en min het verwag dat sy deel van president Cyril Ramaphosa se vervroegde vrylatingsveltog sal wees.

Waarskynlik het sy klaar haar doel gedien om ander blanke landsburgers te wys wat sal gebeur as daardie K-woord iemand toegesnou word.

Vicki het die K-woord en ander opmerkings gemaak kort na sy in ‘n rooftog betrokke was. Dit het haar duur te staan gekom en sy het oornag bekend geword toe sy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat agter tralies beland het vir rassistiese opmerkings.

Nou is sy vry, maar volgens kenners wag daar ‘n moeilike pad vir haar. Die meerderheid landsburgers beskou haar steeds as niks anders as ‘n rassis nie. Hopelik sal daar iewers ‘n keerpunt in hierdie nagmerrie-ondervinding vir haar wees. Volgens kenners sal sy steeds gebuk gaan onder veroordeling, en boonop is sy reeds jare van familie en vriende weerhou. Sy gaan vermoedelik ook sukkel om haarself weer in ‘n werkplek te vestig. Die nadraai van hierdie hoofstuk in haar lewe gaan nog lank in haar daaglikse bestaan ‘n rol speel. Maar wie weet, miskien is daar ‘n boek of film in die vooruitsig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button