Sekere verbruikers moet nog leer om te betaal
Net soos daar in die Vaaldriehoek voortdurend oor agteruitgang gekla word, is dit ‘n situasie wat regoor die land ervaar word. Baie Suid-Afrikansers begin nou met Donand Trump se beskrywing dat Suid-Afrika ‘n $*Hole County is saamstem. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat daar oor ‘n lang tydperk ‘n kultuur geskep is dat daar nie …

Net soos daar in die Vaaldriehoek voortdurend oor agteruitgang gekla word, is dit ‘n situasie wat regoor die land ervaar word. Baie Suid-Afrikansers begin nou met Donand Trump se beskrywing dat Suid-Afrika ‘n $*Hole County is saamstem.
Die rede hiervoor is waarskynlik omdat daar oor ‘n lang tydperk ‘n kultuur geskep is dat daar nie vir basiese behoeftes soos water en elektrisiteit betaal hoef te word nie. Die minderheid inwonders in die land kan nie die meerderheid dra nie en die regering kan ook nie al die skuld vereffen nie. Dit word die ergste op munisipale vlak in plattelandse dorpe ervaar.
Daar word nou hard gewerk om ‘n nuwe kultuur te probeer skep dat verbruikers verantwoordelik gehou moet word vir hierdie geriewe. Dat Eskom nou eers sy voet in Soweto neersit is verstommend. Die feit dat hierdie kultuur oor so ‘n lang tydperk geskep is, veroorsaak nou probleme op baie gebiede. Gauteng se hoofweë moet ook in stand gehou word en om die rede is die e-tol wat op sekere paaie aangebring word van uiterste belang, maar Gautengers wil nog nie hiervoor opdok nie.
Die gevolg is dat die provinsie se paaie besig is om verder agteruit te gaan. Mens kan net wonder waar dit gaan eindig.
Tito Mboweni, minister van finansies, het onlangs gepleit dat mense hul e-tol rekeninge moet vereffen. “Ons moet ʼn kultuur van betaling daar stel, omdat die regering se dienste net voort kan gaan as alle verbruikers, wat kan betaal, wel betaal,”
Die gebrek aan betalings het ook verdere druk op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral) geplaas, wat sedert 2014-’15 elke jaar ʼn verlies van R1 miljard ly. Luidens die tussentydse begroting, wat deur die Nasionale Tesourie uitgereik is, maak die agentskap nie genoeg geld uit die e-tol-portefeulje om sy operasionele koste te dek of skuld te delg nie.
Die uitstaande rekenings sal dus nie afgeskryf word nie, maar verbruikers het egter reeds te kenne gegee dat hulle nie gaan betaal nie. Die meeste voel glo as almal nie betaal nie, betaal niemand nie.
En so draai die wiel … bietjie vir biejtie agteruit.



