Local newsNewsNewsBreaking News

Skerp jou fotografievernuf op in 2020

As jy dalk iets nuuts vir 2020 wil probeer het die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging dalk die oplossing vir jou. Die klub nooi alle belangstelling om by hulle aan te sluit. Die klub bied ook binnekort weer sy gewilde Beginnerskursus aan. Hierdie kursus strek oor vier dae en word met kursusgangers se eie kameras gedoen sodat …

As jy dalk iets nuuts vir 2020 wil probeer het die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging dalk die oplossing vir jou. Die klub nooi alle belangstelling om by hulle aan te sluit.

Die klub bied ook binnekort weer sy gewilde Beginnerskursus aan. Hierdie kursus strek oor vier dae en word met kursusgangers se eie kameras gedoen sodat hulle leer hoe om hul eie toerusting die beste te benut. Die kursus word op 22 & 23 Februarie en 28 & 29 Maart van 08:30 tot 16:00 by die Kliprivier Country Estate in Drie Riviere, Vereeniging aangebied en beloop R3 000. Daar is slegs beperkte hoeveelheid plek vir die kursus beskikbaar.

Die kursus sluit ook koffie/tee en beskuit in die oggende, en ‘n ligte middagete in. ‘n Volledige stel kursusnotas sal aan kurusgangers voorsien word.

Kontan Henk Scheepers by 072 260 0513 of Johan Brits by 082 718 8394.

‘n Foto deur Haig Fourie. Hy is die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub se makro-meester.
‘n Landskapfoto deur klublid Renee Storme.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button