NewsNewsBreaking News

Eskom moet as ‘n krisis hanteer word

Eskom is in ‘n krisis en moet as ‘n krisis hanteer word. Die maatskappy is as gevolg van jare se plundering, wanbestuur en rasobsessie hopeloos bankrot en operasioneel uiters broos. Die nuwe uitvoerende hoof, André de Ruyter, moet omvattende magte soortgelyk aan die van ‘n sakereddingspraktisyn kry. As Eskom nie hanteer word asof dit in …

Eskom is in ‘n krisis en moet as ‘n krisis hanteer word. Die maatskappy is as gevolg van jare se plundering, wanbestuur en rasobsessie hopeloos bankrot en operasioneel uiters broos. Die nuwe uitvoerende hoof, André de Ruyter, moet omvattende magte soortgelyk aan die van ‘n sakereddingspraktisyn kry. As Eskom nie hanteer word asof dit in sakeredding is nie, gaan dit op homself en Suid-Afrika inplof.

Om in hofstukke te vra dat belastingbetalers R1,8 miljard se prestasiebonusse moet finansier val nie binne ‘n raamwerk van krisisdenke nie. Ons het nie toegang tot die stukke gehad nie, maar indien daar in die stukke gevra word dat R1,8 miljard se prestasiebonusse gefinansier moet word, is dit verkeerd. Eskom se bonusbeleid bepaal dat bonusse slegs uitbetaal sal word indien die maatskappy wins maak. Die beleid word ook op die oomblik so toegepas. Die afgelope twee jaar het ons lede nie bonusse ontvang nie. Dit is algemene praktyk in alle maatskappye dat bonusse hulself moet finansier. Dit moet so in Eskom ook wees. Ons is wel voorstanders daarvan dat diegene wat in die haglike omstandighede van Eskom ongelooflik presteer, beloon moet word. Daar is tans onbesonge helde in Eskom wat ons ligte aanhou. Solidariteit-lede en baie ander werknemers se werksetiek dwing hulle om ure oortyd te werk om die plek aan die gang te hou. Daar is egter ook plunderaars wat nog vry rondloop. Die presteerders moet vergoed word, die plunderaars moet vervolg word, die rugryers moet afgeskud word en die luies moet ontslaan word. – SAUK

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button